| |
Ek is ‘n beginner, sien julle kans om my te leer om my eie klere
te maak?
- Ja, elke beginner is ‘n uitdaging. Met baie geduld en liefde,
maak ons dit werk!
Ek doen al jare naaldwerk op my eie manier. Is dit regtig nodig om die
Begginnerskursus by te woon?
- Dit word aanbeveel. Die voorbereiding, vou van materiaal, uitlê van
patrone, gradering, afwerking en soveel kleinere kunsies is ongelooflik
belangrik. GEEN artikel sal tuisgemaak lyk nie!
Moet ek Sew Easy se patrone gebruik? Ek het ook baie
ander patrone.
- Ja, ons patrone is baie gebruikersvriendelik.
Sal ek, na die beginnersklas, ook ander patrone wat in die winkels beskikbaar
is, kan lees, verstaan en gebruik?
- Ja, as jy ernstig is omtrent dit wat jy hier geleer het, definitief.
Ek wil baie graag die onderklerekursus doen, maar kan nie juis naaldwerk
doen nie. Wat beveel julle aan?
- Ek sê altyd babas kruip eers, staan dan op teen meubels, loop
en val, en loop dan alleen. Begin, indien dit enigsins moontlik is, by
die minder gevorderde kursusse. Pak dan die onderklerekursus met oorgawe
aan en maak ‘n sukses daarvan.
Ek wil baie graag my eie bra’s maak. Is dit regtig nodig om eers
die onderklerekursus te doen?
- Die bra-kursus is een van die meer gevorderde kursusse wat ons aanbied.
Gedurende die onderklerekursus leer jy verskillende tegnieke wat jy nodig
het vir die bra-kursus. Dus beveel ons dit sterk aan.
Moet ek my eie naaldwerkmasjien hê?
- Ja, aangesien daar huiswerk gedoen moet word. Indien jy nie ‘n
masjien besit nie kan ‘n masjien vir die eerste paar lesse geleen
word, sodat jy seker is of jy hou van wat jy doen en watter masjien aan
jou behoeftes gaan voldoen.
Moet ek regtig huiswerk doen?
- Dit is dalk nie wat jy in gedagte gehad het nie, maar wees verseker
dat dit die moeite werd gaan wees.
Gaan ek baie huiswerk kry?
- Die hoeveelheid tyd wat aan huiswerk bestee word, hang af van persoon
tot persoon. Huiswerk is belangrik om jou masjien beter te leer ken.
Met ander woorde die tyd wat studente aan huiswerk bestee wissel.
|
|