Sew Easy FRANSE-KANT - BROEKIE - PROJEK
(Soos in "CraftWise" [Mei 2006])
|


Rekbare Materiale: |
Enkel- & dubbelbreistof , nylon- of katoenlycra en rekkant is voorbeelde van materiale wat ons kan gebruik vir die maak van broekies. |
| Katoenlycra: |
Katoenlycra het ‘n rekbaarheid in 2 rigtings, - ideaal vir die maak van broekies. Dit is noodsaaklik om katoenlycra, enkel- of dubbelbreistof te gebruik vir die “gusset” wanneer die broekie uit sintetiese materiaal gemaak word. |
Enkel- of dubbelbreistof: |
Rek slegs in een rigting. |
Broekie Lycra: |
‘n Heerlike sagte sintetiese materiaal wat in beide rigtings rek. – ideaal vir gewone broekies en “g-strings”.
Hierdie materiaal is heerlik sag en gemaklik ‘n Broekie gemaak van hierdie broekie lycra, voel soos ‘n tweede vel aan jou lyf. |
Bedrukde Lycra: |
Rek in een, of albei rigtings. – ‘n broekie om by jou Ancore-bra te pas! |
Rekkant: |
Die wydte van rekkant rek kan wissel van 3cm – 22cm. Rekkant rek het gewoonlik ’n geskulpte rand aan beide kante.
Rekkant – gewoonlik 150cm – 200cm wyd – sonder ’n geskulpte rant. |
Rek: |
Rek is beskikbaar in verskillende wydtes, soorte en kleure. |
Gebreide rek: |
Gebreide rek bestaan uit ‘n rubberkern wat bedek is met nylongare wat sterk en rekbaar is. Word hoofsaaklik by rekstowwe gebruik. |
Middellyf rek: |
Middellyfrek kan gebrei of geweef wees. Die wydte wissel van 1.5cm – 5cm. |
Beenrek: |
Beenrek se wydte wissel van 6mm – 1 cm.
Geweef of gebrei.
|
‘Lip’ of omvou rek: |
Omvou-rek is geweef met ‘n voulyn in die middel. Die wydte wissel van 1cm - 1.5cm. Katoen omvou-rek het ‘n natuurl;ike voorkoms, terwyl die “trilobal” omvou-rek ‘n meer blink afwerking het.
Omvou-rek word veral by die “G-string” en “Tanga” gebruik. |
Dekoratiewe rek: |
Hoofsaaklik vir die gebruik by die middellyf - veral by die “Tanga”. |
Toevourek: |
Toevourek is gewoonlik gebrei. Wanneer ‘n broekie gemaak word, en jy het nie die regte bypassende kleur rek nie, is dit baie handig om ‘n rekkie toe te vou tussen 2 stukkies materiaal. Toevourek kan by die middel, sowel as by die beenopeninge gebruik word. Die wydte kan wissel van 1cm tot 1.5cm. |
Tydens ons vorige projek, het ons vir jou gewys om vir jou ‘n mooi rekkant bra te maak.
Hier wys ons nou vir jou hoe om vir jou ‘n rekkant broekie te maak wat dan by die Kantbra kan pas.
Volg die eenvoudige stappe en instruksies – en maak vir jou ‘n mooi broekie!!


Indien jy belangstel om hierdie projek aan te pak, bestel 'n patroonpakkie, deur Cornelia te kontak via e-pos (cornelia@seweasy.co.za) of kontak haar direk per telefoon (012) 653-1922 / 082-962-8352 gedurende kantoor-ure.
| |
Rooster vir Broekie (Slegs vir demonstrasie)
|
|
| |
|
|
|
|
|
|
|
|