CCB Web | SA Holidays | News 24
Home | Satellite Schools | Bra-Patterns | Projects | Contact Us
Lys van Satellietskole | Centurion Webwerf | Opleidings Kursusse | Begin jou EIE Besigheid
Bra-Patrone | Ancore Langere | SewEasy Patrone | Patroon Prente
Kant-bra. | Franse-Kant Broekie

Die Sew Easy Besigheidskonsep
Dankie vir die belangstelling wat jy in Sew Easy getoon het.
Dit is vir my ‘n voorreg om jou aan die Sew Easy konsep voor te stel.

AGTERGROND

Sew Easy Naald- en Handwerkskole is ontwikkel om ‘n gulde besigheids geleentheid vir naald- en handwerk liefhebbers te skep, en is sedert 1985 ‘n geregistreerde handelsnaam.

Gedurende 1995 het Linette Maritz die leisels by Lirpa Kuntz oorgeneem en in 1997 is Sew Easy as a maatskappy geregistreer.   Sew Easy Naald- en Handwerkskole was oorsponklik verkoop in Franses Formaat vanaf  1996 – 2001.

Gedurende 2001 is die konsep verander en Satellietskole is ontwerp om die ideale entrepreneurs geleentheid te bied teen ‘n koste-effektiewe prys.

Elmarie Maritz het vir 5 jaar saam met Linette in Sew Easy gewerk. Noemenswaardig was Elmarie ook die ontwerper van die Sew Easy patrone.  As gevolg van groeiende besigheidsbelange is Sew Easy aan Elmarie Maritz verkoop in 2003.  Elmarie het besluit om Sew Easy te verkoop en haar voltyds aan haar ander bedrywighede toe te spits.

Terug na Bo

MEER OOR DIE EIENAAR

Cornelia Coetzee is welbekend in die naald- en handwerk omgewing.    As gekwalifiseerde onderwyseres het sy eers vir ses jaar naaldwerkklasse aangebied vir laer- en hoërskoolleerlinge.  Agt jaar gelede het sy ‘n Sew Easy Naald- en Handwerkskool  begin in Centurion.  Hier leef sy  haar uit in die gee van hand- en naaldwerkklasse.

Toe Sew Easy hoofkantoor aan haar te koop aangebied is, het sy die geleentheid gebruik om vorentoe te beweeg, en vanaf 1 Julie 2005 is sy die nuwe eienaar en bestuur sy 22 Satelliet skole oor die land.

Terug na Bo

HOE WERK Sew Easy?   

Sew Easy Naald- en Handwerkskole is uniek aangesien dit van die huis bedryf kan word, of jy kan dit inkorporeer met ‘n bestaande besigheid.

Dit stel die individu in staat om haar eie Sew Easy Naald- en Handwerkskool te begin waar professionele naald- en handwerk kursusse aangebied word.

Sew Easy Satellietskole bied huidiglik ‘n verskeidenheid van 20 – 25 verskillende naald- en handwerk kursusse oor Suid Afrika aan.

Die doel is om mense wat gretig is om meer van naald- en handwerk te leer die verskillende vaardighede en tegnieke aan te leer wat alle aspekte van naald- en handwerk dek, en hulle sodoende in staat te stel om mense in hulle area te leer.

Die fokus is op die praktiese toepassing van die tegnieke, en om dit te fasiliteer, word alle kursusse in die vorm van werkklasse aangebied.

Gedurende die werkklas voltooi elke kursusganger die kledingstuk/projek op sy of haar eie naaimasjien en/of omkapmasjien indien van toepassing.

  • Bywoning vir kursusse word tot 6 mense beperk om persoonlike aandag te verseker.
  • Die tydsduur van die werkklasse is 3 tot 4 ure.
  • Werkklasse vir kursusse word gewoonlik een keer per week aangebied.

Terug na Bo

Opleidingspatrone en Handleidings.

Sew Easy beskik oor ‘n ten volle tweetalige reeks opleidingspatrone en handleidings.

Die patrone is beskikbaar in:
Dames
Groottes: 10 - 26
Mans

Groottes:
Klein - Ekstra groot

Kinders
0 - 12 jaar

Sew Easy bied 'n wye verskeidenheid naald- en handwerkklasse en kursusse aan. Daar word egter vereis dat die Sew Easy Beginners/Basiese Naaldwerkkursus eers voltooi moet word.

Gedurende die opleiding ontvang jy 'n bemarkingsdokument wat jou inlig oor die funksionering van Sew Easy, sowel as hoe om jou skool te bemark.

Gedetailleerde inligting word gegee oor:

  • hoe om jou skool te begin
  • samestelling en verspreiding van nuusbriewe
  • advertensie moontlikhede en promosie idee

Na voltooing van elke instruktrise opleidingskursus, word 'n kontrak geteken en 'n sertifikaat uitgereik.

Die instruktrise kan nou enige kursus bywoon wat op die opleidingsprogram aangebied word. Nuwe opleidingsprogramme behoort elke 3 - 6 maande uitgestuur te word.

Opleiding word in Pretoria en Kaapstad aangebied.

Elke instruktrise is verantwoordelik vir haar eie vervoer en verblyf vir die verloop van die opleiding.

Besprekings moet vroegtydig gemaak word, aangesien slegs 6 instruktrises per werkswinkel geakomodeer kan word.

Kursusgeld moet ten volle betaal word sodra 'n bespreking gemaak is.

Terug na Bo

Kostes en Betalings

Bankbesonderhede : C.S. COETZEE

Bank
ABSA
Takkode
336-345
Tjekrekening
3260142169

 

 

Faks depositostrokie asb. na: (012) 653-5255

Sodra bewys van betaling ontvang word, ontvang u 'n uiteensetting van wat Sew Easy verskaf gedurende die kursus en wat die kursusganger moet saambring.

Sodra jy 'n opleidingskursus/werkklas bygewoon het, het jy die reg om die kursus aan te bied in jou area.

Dit word van jou verwag om Sew Easy Patrone en Handleidings by Sew Easy aan te koop.

Waar moontlik, behoort Sew Easy ook naaldwerkbenodigdhede in voorraad te hê, wat die Satellietskole kan aankoop, vir herverkoop.

Admin en Advertensie fooie beloop as volg:

  • 1 Kursus     - R1000 pj
  • 2 Kursusse - R1100 pj
  • 3 Kursusse - R1200 pj
  • 4 Kursusse - R1300 pj
  • 5 Kursusse - R1400 pj
  • 5 + Kursusse - R1500 per jaar

Terug na Bo

HOEKOM  Sew Easy

Die voordeel om deel te word van Sew Easy, lê daarin dat alle produk-ontwikkeling reeds vir jou gedoen is!!!

Die sukses van Sew Easy is gebaseer op ‘n goed ontwikkelde raamwerk vir alle naald- en handwerk werkswinkels en kursusse, terwyl verdere ontwikkeling deurlopend plaasvind.

Terug na Bo

OPLEIDING vir SATELLIETSKOLE

Beginnerskursusse vir Satellietskole word op 'n Ad Hoc basis aangebied deur die Hoofkantoor in Centurion.

Indien jy Sew Easy as 'n besigheidsgeleentheid beskou, kontak Cornelia Coetzee om die nodige reëlings te tref.

Terug na Bo

Dankie vir die tyd wat jy geneem het om meer te lees oor die Sew Easy konsep.

Ek sien daarna uit dat jy ook deel word van die suksesvolle Sew Easy span.

Groete
Cornelia Coetzee
                                                                               
s2

Kontak Ons | ©2006 - 2010 : CCB Web Dienste